TIENER MOEDERS EN BORSVOEDING
As ‘n jong moeder, wonder jy dalk hoe gaan jy dit hanteer om ‘n baba te hê, borsvoeding en om terug te gaan skool toe. Borsvoeding is die maklike, lekker manier vir jou en jou baba om mekaar te leer ken. Enige borsvoeding is beter as hoegenaamd geen borsvoeding.
BORSVOEDING IS BELANGRIK VIR TIENER MOEDERS
Moederskap kan baie werk wees - borsvoeding maak dit eenvoudig en kos nie geld nie.
Borsbabas word amper nooit siek nie - minder bekommernis, minder tyd wat spandeer word om kliniek toe te gaan en skool of vriende te mis.
Borsvoeding help jou om maklik jou baba te verstaan en gee jou selfvertroue as ‘n moeder.
Borsvoeding is so gerieflik: jy kan dit enige plek doen, enige tyd en jou melk is altyd die regte temperatuur.
Periodes is geneig om weg te bly terwyl jy dikwels borsvoed, en jy verloor natuurlik gewig.
NUUT VIR BORSVOEDING
Jy is dalk nie seker hoe lank jy beplan om te borsvoed nie. Probeer dit vir ‘n paar dae of weke.
Borsvoeding sal nie jou borste laat uitsak nie - jou borste sou alreeds van vorm en grootte verander het gedurende swangerskap.
Praat met ‘n vriend of iemand wat jy vertrou wat hulle baba suksesvol geborsvoed het.
Borsvoeding moet nie seermaak nie - vra vir hulp as borsvoeding moeilik of pynlik is. Borsvoeding in ‘n gemaklike posisie en met ‘n diep aanhegting kan help om seer tepels te voorkom.
Hoe meer dikwels jou baba drink, hoe meer melk sal jy maak. Laat jou baba borsvoed so dikwels as wat hy wil en probeer soveel tyd as wat jy kan spandeer om jou pasgebore baba te leer ken.
TERUGKEER SKOOL TOE
Indien jy besluit om terug te gaan skool toe, probeer wag tot na die pasgebore stadium. Jou baba sal dan heel waarskynlik in soort van ‘n roetine wees en dit sal makliker wees om jou dag te beplan.
Indien jy kies om aan te hou met borsvoeding wanneer jy terugkeer skool toe, kan jy jou melk uitdruk en by jou baba se oppasser los. Jy kan begin oefen ‘n paar weke voor jy teruggaan skool toe.
Beplan om tyd by die huis saam met jou baba te spandeer na skool, asook tyd om te studeer en tyd met vriende.
Om ‘n baba te hê en skool toe te gaan sal mettertyd makliker word.
Baie jong moeders verloor party van hulle vriende wanneer baba gebore word, maar hulle maak ook terselfdertyd nuwe vriende. Kuier saam met ander moeders of vriende wat jou ondersteun.