top of page

TERUGKEER WERK OF SKOOL TOE

Jy wil moontlik vir baie redes aanhou borsvoed wanneer jy werk of teruggaan skool toe:  dit is die beste kos vir jou baba, dit beskerm baba teen siektes en dit is ‘n manier om weer met jou baba te bind wanneer jy by die huis kom.

Suid-Afrika se Kode vir Goeie Praktyk vir die Beskerming van Werknemers gedurende Swangerskap en Na die Geboorte van ‘n Kind[1] waarborg dat jy twee 30-minute breke vir borsvoeding per dag kry, vir voeding of om melk uit te druk tydens elke werksdag, vir die eerste ses maande van ‘n kind se lewe. Werkende, borsvoedende moeders neem minder tyd van die werk af om vir siek kinders te sorg.

‘N PLEK BY DIE WERK OF SKOOL OM MELK UIT TE DRUK

Is daar ‘n privaat area met ‘n deur wat kan sluit? Indien nie, kan jy ‘n skerm bring vir privaatheid of ‘n voeding-bedekking vir wanneer jy uitmelk.

Is daar ‘n yskas om jou melk in te bêre? Indien nie, kan jy jou eie geïsoleerde koelsak met ‘n yspak saambring.

Sommige moeders gebruik ‘n gedeelte van hulle etenstyd of teetye plus die borsvoeding breke waarvoor die Suid-Afrikaanse Kode vir Goeie Praktyk[1] voorsiening maak.

HOEVEELHEID MELK

Los ten minste 30-40 ml van jou melk vir elke uur wat jy weg is van jou baba. Partykeer mag baba bietjie meer nodig hê as hy deur ‘n groei-fase gaan.

BERGING VAN JOU MELK

Baie moeders druk vandag melk uit by die werk om môre vir baba te los. 

Glashouers werk goed en kan hergebruik word. ʼn Warm seperige was is al wat nodig is vir ‘n gesonde, voltermyn baba.

Hou jou melk koud as jy dit nie binne die volgende paar ure gaan gebruik nie.

As jy melk bêre vir latere gebruik, kan jy dit saam meng wanneer alles dieselfde temperatuur is.

Stoor melk in klein hoeveelhede van 60-100 ml om vermorsing te voorkom.

 

EERSTE DAE TERUG BY DIE WERK

Jy gaan jou baba mis en jou baba gaan jou mis. Maak tyd in die oggend vir borsvoeding voor jy weggaan.

Praat met die baba se oppasser oor die melk wat jy los en hoe jou baba gevoed moet word (bv. met ‘n bottel of plastiek koppie).

Vat ‘n foto van jou baba om na te kyk, of ‘n stukkie klere om aan te ruik wanneer jy melk uitdruk.

Dra ‘n lospassende hemp of een met knope voor om uitmelk makliker te maak.

Jou baba mag dalk snags meer wil drink om op te maak vir die tyd weg van jou af. Baie moeders hou baba snags naby hulle om meer rus in te kry. Hoe meer baba kan drink wanneer julle saam is, hoe meer melk sal jou liggaam produseer.

DIE GEBRUIK VAN JOU MELK

Party babas is gelukkig daarmee om koue melk te drink, of jy kan die houer in ‘n bak met warm water verhit. Moenie melk direk verhit op die stoof of in ‘n mikrogolfoond nie.

Oorskiet melk kan met die volgende voeding gegee word.

Indien die melk gevries was, moet dit nie weer vries as dit eers ontvries het nie, en gebruik dit binne 24 uur.

Melk wat in ‘n geïsoleerde koelsak met yspakke gehou word kan binne 24 uur gebruik word.

Melk wat agter in die yskas gehou word kan binne 3-8 dae gebruik word.

Melk wat in die yshokkie van ‘n yskas gehou word kan binne 2 weke gebruik word.

REFERENCES

[1] The Basic Conditions of Employment Act (BCEA) of South Africa

- https://www.gov.za/documents/basic-conditions-employment-act

and

The “Code of Good Practice on the Protection of Employees during Pregnancy and after the Birth of a Child” COGP)

- http://www.labour.gov.za/DocumentCenter/Pages/Home.aspx 

bottom of page