top of page

Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesonde manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma’s het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is ʼn volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma’s wat borsvoed. Die jongste navorsing op dié gebied word in die inhoud weerspieël, en omdat die boek op ʼn sterk feitebasis berus, sal dit ook van ontskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortlike begeleiers en doulas – enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan.

Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor Baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses Ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met 10 top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma’s ook gerusstel sat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende:

• Hoekom borsvoed?
• Voorbereiding vir borsvoeding
• Hoe borsvoeding werk
• Die beste begin (suiggreep en genoeg melk)
• Voorkoming en hantering van probleme
• ʼn Baba in die huis
• Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander helpmiddels)
• Die ouer baba
• Wanneer om te speen
• Borsvoeding in spesiale omstandighede

Daar is ook ʼn lys name en kontakbesonderhede van laktasiekonsultante regdeur die land sodat ma’s wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.

Borsvoed jou baba - Marie Louise Steyn

R95,00Price
Quantity

    © 2025 by La Leche League South Africa. Read our Privacy Policy here. Read our PAIA Manual here.

    • Facebook Social Icon
    MySchool button.png

    All images and other materials posted on this site are subject to copyrights owned by La Leche League South Africa or other individuals.  Any reproduction, retransmission, distribution or republication of all or part of any images, and other materials found on this site is expressly prohibited, unless La Leche League South Africa or the copyright owner of the material has expressly granted its prior written consent.  All other rights reserved.  

    bottom of page