top of page

MIV EN BORSVOEDING

Menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) is 'n chroniese toestand, soos diabetes of hoë bloeddruk. Dit is baie belangrik dat alle mense met MIV daagliks hul antiretrovirale medisyne (ARV's) inneem.
 

MIV EN SWANGERSKAP

Die volgende is belangrik:

  • Neem jou ARV's korrek.

  • Vertel jou gesondheidsorg diensverskaffer as jy sukkel om dit te neem.

  • Woon AL jou voorgeboortelike kliniek-besoeke by.

  • Doen jou gereelde bloedtoetse om te kontroleer of jou ARV's jou viruslading onopspoorbaar hou (<50c/ml).

 

Dit beskerm jou baba teen MIV. Jou baba sal ook ARV's na geboorte kry om MIV te voorkom.[1]
Meer as 99% van babas wat by MIV-positiewe moeders gebore word, kry nie MIV nie.[1]

AS BABA ARRIVEER

Hou jou baba so lank as moontlik in direkte vel-tot-vel kontak. Vel-tot-vel kontak help met borsvoeding en voorkom dat baba te veel gewig verloor en geelsug kry. 

BORSVOEDING TERWYL MIV+

  • Eksklusiewe borsvoeding beskerm babas teen MIV-oordrag en gee jou baba die beste kans op goeie gesondheid.[2]

  • Eksklusiewe borsvoeding gedurende die eerste 6 maande beteken dat baba niks anders kan eet of drink as borsmelk nie. Enigiets anders – water, tee, formule melk, voedsel – verhoog die risiko om MIV te kry en ander siektes.  

  • Alhoewel, die kombinasie van borsmelk en formule is egter nie 'n rede om op te hou borsvoed as jy elke dag jou ARV's neem en 'n onopspoorbare viruslading het nie.[1][2] 

  • Borsvoeding word aanbeveel vir 2 jaar en langer.

  • Selfs al borsvoed jy vir ‘n korter tydperk, is dit steeds beter as geen borsvoeding nie.[2]

 

WAT AS EK EN MY BABA GESKEI WORD?

As jy siek word of hospitaal toe moet gaan, vra dan om die baba by jou te hou. Of druk jou melk met die hand uit terwyl jy en jou baba weg is van mekaar om jou voorraad te hou en om stuwing te voorkom. Vertel jou dokter dat jy borsvoed. 

WAT AS BABA OOK MIV+ IS?

Minder as 1% van babas wat by MIV-positiewe moeders gebore is, sal MIV kry. As jou baba MIV-positief toets, is daar GEEN rede om nie te borsvoed nie. Borsvoeding vir 2 jaar en langer is beter vir die gesondheid, voeding en oorlewing van 'n MIV-besmette baba.[2] Dit is belangrik dat jy en jou baba daagliks julle ARV's neem.

SPENING TERWYL MIV+

As jy besluit om op te hou borsvoed, moet jy geleidelik oor 'n paar weke speen (borsvoeding staak).  As jy skielik ophou borsvoed, kan dit die risiko verhoog dat jou baba besmet raak.[1] 

WAT AS EK KIES OM NIE TE BORSVOED NIE?

Indien jy MIV-positief is en verkies om nie te borsvoed nie, moet jy seker maak dat jy die inligting kry en verstaan:

  • Die risiko's as jy nie die baba borsvoed nie.

  • Voorbereiding en opberging van die formule om risiko's te beperk.

  • Hoeveelhede en frekwensie van voedings.

  • Die koste van formule voeding.

 

REFERENCES

[1] PMTCT 2019 Guidelines South Africa - https://sahivsoc.org/Files/PMTCT%20Guideline%20November%20signed%20PRINT%20v7.pdf

[2] WC HIV consolidated guidelines October 2020 - https://www.westerncape.gov.za/assets/departments/health/hiv_guidelines_22012020.pdf

[3] Adult Primary care guidelines 2019 South Africa - https://www.knowledgehub.org.za/elibrary/adult-primary-care-apc-guide-20192020-updated

bottom of page