top of page

GEBOORTE EN BORSVOEDING

Borsvoeding is normaal, maar dit kan moontlik tyd neem vir jou en baba om te leer.

 

RAAK GEMAKLIK

Laat die voorkant van baba se lyfie raak aan die voorkant van jou lyf.

Laat raak jou tepel net onderkant die baba se neusie.  Dit help baba om die mondjie wyd oop te maak.  Bring baba se lyfie so naby as moontlik, om jou bors diep in die mondjie te help kry.

Borsvoeding behoort nie seer te maak nie.

 

BORSVOED VROEG EN DIKWELS

Gedurende die eerste paar dae maak jou liggaam gekonsentreerde “eerste melk”, genaamd kolostrum.

Kolostrum beskerm die baba teen siektes en kom in klein hoeveelhede.

Laat jou baba teen jou lê, vel-teen-vel. Dit kan baba help om behoorlik te borsvoed.

Moedig baba aan om te borsvoed 10 of meer kere in 24 uur.

Jy kan borsvoeding in die nag vergemaklik deur baba naby jou te hou.

Hoe meer dikwels jou baba drink, hoe meer melk sal jy hê. 

Baba sal gewoonlik die eerste bors klaarmaak en ophou drink wanneer sy genoeg gehad het.

Bied die tweede bors aan. Sy sal drink van die tweede bors as sy nog wil hê.

 

IS BABA HONGER?

Indien baba begin om meer te beweeg, wriemel en sy vuisies suig, bied jou bors aan.

Borsvoed jou baba voor hy begin huil – huil beteken jou baba is desperaat.

Baba mag dalk meer op verskillende tye van die dag borsvoeding nodig hê, veral in die aand.  Die rede hiervoor is, borsvoeding is nie net kos nie.  Dit beskerm jou baba teen siektes en laat hom veilig voel.

Sommige dae sal jy vind dat baba meer wil drink.  Dit is normaal – elke dag sal nie presies dieselfde wees nie.  Volwassenes eet en drink ook die heeltyd verskillend.

​

KRY BABA GENOEG MELK?

Jy behoort te kan sien en hoor jou baba sluk tydens borsvoeding.

Na die eerste week behoort baba elke dag ten minste 3 geel vuil doeke en 6 nag doeke te hê.  

Baba behoort terug op geboorte-gewig te wees teen 7 tot 14 dae na die geboorte.  

Babas wat nie genoeg borsmelk kry nie, mag dalk nie baie energie hê nie, veral as hulle styf toegedraai word in kombersies.  Indien jy bekommerd is, maak oop jou baba en hou hom vas met vel-tot-vel kontak.  Dit sal hom aanmoedig om beter te drink en gewig op te tel.

Indien baba nie behoorlik borsvoed nie, kan jy jou per hand uitmelk en so vir baba voer met ‘n teelepeltjie of plastiek koppie. 

 

HET BABA WATER OF ANDER KOS NODIG?

Jou baba het nie water of ander kos nodig tot ongeveer 6 maande nie.  Om water te gee vir ‘n klein babatjie mag veroorsaak dat jou baba minder borsmelk drink.  Wanneer baba minder borsmelk drink, begin jou liggaam minder melk produseer.

bottom of page