BORSVOEDING UITDAGINGS EN WENKE
Borsvoed jou baba so gou as moontlik na die geboorte. Baba moet 10 of meer kere in 24 uur geborsvoed word. Hoe meer dikwels jou baba geborsvoed word, hoe meer melk sal jy produseer.
​
AANHEGTING (VASSUIG)
-
Sit of leun gemaklik terug.
-
Die baba se voorkant moet raak teen jou voorkant.
-
Laat jou tepel raak teen baba se neusie – dit kan help dat baba mondjie wyd oopmaak vir ‘n diep aanhegting om vas te suig.
-
Trek baba so naby as moontlik aan jou wanneer baba gereed is om vas te suig.
KOLOSTRUM IS DIE SPESIALE MELK WAT JY PRODUSEER IN DIE EERSTE PAAR DAE OM JOU BABA TEEN SIEKTES TE BESKERM.
-
Baba benodig slegs klein hoeveelhede op ‘n slag.
BABA BENODIG NAG VOEDINGS
Borsmelk verteer maklik en vinnig. Dit is waarom babas wakker word snags om te drink.
-
Borsvoeding snags help om meer melk te produseer.
-
Jy kan voedings snags vergemaklik deur baba naby aan jou te hou.
STUWING (VERSTOPTE BORSTE)
-
Gebruik koue kompresse of koolblare tussen voedings om swelling te verminder.
-
Gebruik warm kompresse voor voedings.
-
Versag jou borste deur klein bietjie met die hand uit te melk.
-
Borsvoed dikwels!
MELK TE FLOU?
Nooit! Jou melk verander gedurende voedings. Druk ‘n paar druppels melk uit voor en na ‘n voeding om te sien hoe dit verskil. Die melk aan die begin van ‘n voeding is waterig om baba se dors te les. Die melk gedurende die voeding is romerig om baba se honger te stil.
SEER TEPELS
Borsvoeding behoort nie seer te maak nie – vra vir hulp as borsvoeding moeilik of pynlik is. Borsvoeding in ‘n gemaklike posisie en met ‘n diep aanhegting kan help om seer tepels te voorkom. Begin eerste met die minder seer bors
VERSTOPTE MELKBUISE EN MASTITIS (MELKKOORS)
Indien ‘n melkbuis verstop raak, mag daar ‘n seer knop vorm in die bors.
-
Let op die baba se posisie aan die bors
-
Borsvoed gereeld
-
Wend warm kompresse aan
Indien ‘n gedeelte van die bors hard, rooi, pynlik of geswel raak, het jy moontlik mastitis (melkkoors). Jy sal dalk koorsig voel of lyfseer en kouekoors ervaar, soos wanneer jy griep het. Voed baba dikwels en rus. Indien jy nie binne 48 uur begin beter voel nie, mag jy antibiotika benodig. Jou kliniek of dokter sal ‘n antibiotika voorskryf wat veilig is tydens borsvoeding.
SPROEI
Sproei is ‘n swam infeksie. Jou tepels kan moontlik jeuk, afskilfer of rooi wees. Jou baba het dalk wit aanpaksel aan die binnekant op sy tandvleis, wange, lippe en tong. Behandeling vir beide moeder en baba mag nodig wees. Jou kliniek kan vir jou en jou baba ‘n antiswam medikasie gee. Dit is veilig om aan te hou borsvoed. Was en steriliseer alle bottel tiete en fopspene deeglik, indien jy daarvan gebruik maak.