top of page
BORSVOEDING EN MEDIKASIE OF DWELM GEBRUIK
Borsvoeding verseker dat jou baba goeie gesondheid, groei en breinontwikkeling geniet. Indien jy dwelms gebruik, of op medikasie is, is dit belangrik om te weet hoe dit jou melk of jou baba kan affekteer.
​
MEDIKASIE
Daar word dikwels vir moeders vertel dat hulle nie kan borsvoed terwyl hulle op medikasie is nie. Dit is in meeste gevalle nie waar nie, en formule voeding het risiko’s. Voor jy ophou borsvoed, soek meer inligting deur La Leche League Suid-Afrika te kontak. Jy kan meer lees oor die veiligheid van medikasie by www.e-lactancia.org.
​
NIKOTIEN (TABAK)
Die nikotien in jou bloedstroom verhoog die risiko van vroeë spening en lae melkproduksie. Babas van rokers het ‘n hoër risiko vir koliek en SIDS (Sindroom vir babadood).
Indien jy nie kan ophou rook nie, is dit nog steeds veiliger vir jou baba om borsvoeding te kry as formule voeding.
Rook minder en rook direk na ‘n borsvoeding in plaas van voor die tyd.
​
ALKOHOL
Alkohol dring vinnig die moeder se bloedstroom binne, asook haar melk, met baie effekte op beide moeder en baba. ‘n Drankie nou en dan is nie skadelik nie, veral as baba ouer as 8 weke is en meer as 2 ure na die drankie eers geborsvoed word. Gereelde alkohol gebruik kan lei tot ‘n baba wat meer huil, minder melk inneem en stadiger groei, en dit kan ook die baba se brein ontwikkeling affekteer. Om alkohol te gebruik affekteer ook jou versorging van jou baba. Onthou, hoe meer jy drink, hoe langer neem dit vir die alkohol om jou liggaam te verlaat.
​
KOKAÏNE EN CRACK
Baie van hierdie dwelmmiddel gaan in jou borsmelk in, en is giftig vir babas. Die rook van crack kokaïne is ook skadelik vir jou baba. Moeders moet ten minste 24 uur wag nadat hulle kokaïne of crack gebruik het voordat hulle hul babas borsvoed.
​
MARIJUANA (DAGGA)
Daar is baie min studies oor die effekte van dagga. Dit sal waarskynlik langtermyn breinskade van die baba veroorsaak. Na swaar gebruik, het babas dagga in hulle lyfies vir weke. Moeders behoort nie dagga te gebruik terwyl hulle borsvoed nie.
Indien iemand anders in die huis dagga gebruik, moet hulle dit weg van die baba af doen.
​
METAMFETAMIEN (TIK) EN CRYSTAL METH
Hierdie dwelmmiddels is baie verslawend en ‘n toenemende probleem in baie lande. Daar is nie baie inligting oor hoe tik ‘n baba se ontwikkeling en gesondheid beïnvloed nie, maar ons weet dit lei tot sosiale probleme, huishoudelike geweld en laer getalle in borsvoeding.
Indien jy ‘n borsvoedende moeder is en tik gebruik het, moet jy ten minste 48 uur wag voor jy weer borsvoed, of totdat metamfetamien nie meer wys in ‘n urientoets nie. Jy kan intussen jou melk uitdruk en weggooi om melkproduksie konstant te hou.
bottom of page